| Government Entity | Hessequa Municipality |
|---|---|
| Location | Riversdale, Western Cape |
| Reference Number | G012 |
| Salary | T4 – R141 830 tot R178 884 bruto salaris per jaar |
| Centre / Location | Riversdal |
| Closing Date | September 11, 2026 |
| Source and Application | hessequa.gov.za |
HESSEQUA MUNISIPALITEIT Die Munisipaliteit van Hessequa benodig die dienste van ‘n geskikte persoon in die volgende permanente vakature: Skutassistent: Beskermingsdienste – Riversdal (Verw: G012) T4 – R141 830 tot R178 884 bruto salaris per jaar Vereistes: Graad 9 (Moet kan lees en skryf) • Fiks en gesond • Bereid wees om in gure weersomstandighede te werk • Geen kriminele rekord • Ses maande ondervinding in ’n soortgelyke posisie, sal as aanbeveling dien. Pligte: Behulpsaam met die skut- en vang van diere • Hou hondehokke, voertuie en skut area skoon en netjies • Verantwoordelik vir die versorging en instandhouding van die tuin en omliggende areas binne die skut. . Die Munisipaliteit van Hessequa is ’n gelyke geleentheid werkgewer en moedig persone met gestremdhede, asook persone vanuit voorheen benadeelde groepe aan om aansoek te doen om betrekkings. Instruksies aan aansoekers: Kandidate kan op die e-werwing webtuiste registreer en hul aansoeke aanlyn indien. (https://munrec.collaboratoronline.com/SitePages/Home.aspx) Aansoekvorms kan van die Munisipale webwerf www.hessequa.gov.za afgelaai word. Hierdie aansoeke kan elektronies aan [email protected] versend word. Aansoekvorms kan ook per hand by enige Hessequa Munisipale kantoor afgelewer word of aan Menslike Hulpbronne, Posbus 29, Riversdal, 6670, versend word. Die Munisipaliteit is 'n werkgewer wat gelyke werksgeleenthede aanbied en volg die Wet op Gelyke Indiensneming. Voorkeur sal aan kandidate gegee word wie aan die Gelyke Indiensnemingsdoelwitte voldoen, maar hierdie sal nie die enigste kriteria wees nie. Alle aansoeke is onderhewig aan die nagaan van verwysings, verifiëring van kwalifikasies, sowel as kriminele rekords. Deur aansoek te doen vir hierdie pos by die Munisipaliteit, verleen jy toestemming vir hierdie verifikasies. Aansoeke wat na die sluitingsdatum ontvang word of nie 'n aansoekvorm insluit nie, sal nie oorweeg word nie. Gunswerwing deur enige Raadslid en/of lid van die aanstellingskomitee en/of enige personeellid van die Munisipaliteit, sal aansoekers diskwalifiseer. Slegs aansoekers wie gekortlys word, sal vir onderhoude genooi word. Aansoekers wat drie (3) maande na die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou. Kandidate vir indiensneming kan in enige area van die Hessequa geplaas word. Dit sluit in: Witsand, Slangrivier, Heidelberg, Riversdal, Stilbaai, Albertinia en Gouritsmond. Aansoekers woonagtig in die Hessequa Munisipale Area, sal voorkeur geniet. Die Munisipaliteit respekteer die voorwaardes van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Deur jou inligting en aansoek beskikbaar te stel, bevestig jy dat die gegewe inligting waar, korrek en op datum is. Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om ’n dienskontrak te sluit, belange en voordele te verklaar en 'n prestasie-ooreenkoms te onderteken. Kandidate wie laat vir onderhoude opdaag, sal gediskwalifiseer word. Die Munisipaliteit behou die reg voor om nie 'n aanstelling te maak nie. Sluitingsdatum: 11 September 2026 Kontakpersoon: Me Jonecia Jansen by 028 713 7965
Requirements
Graad 9 (Moet kan lees en skryf) • Fiks en gesond • Bereid wees om in gure weersomstandighede te werk • Geen kriminele rekord • Ses maande ondervinding in ’n soortgelyke posisie, sal as aanbeveling dien.
Duties
Behulpsaam met die skut- en vang van diere • Hou hondehokke, voertuie en skut area skoon en netjies • Verantwoordelik vir die versorging en instandhouding van die tuin en omliggende areas binne die skut. .
Source / Circular Reference
hessequa.gov.za